Masada

Ware Verbond

Masada

True Covenant

 

Vir die laaste 2 000 jaar plus word die mense geleer in alle kerke geleer dat hulle “sondig” is en nodig het om gered te word. Hierdie lering vind ons nie in die Tanakh nie maar is in elke opsig ʼn Christelike lering wat op sy beurt weer vanaf Mitsrajim (Egipte), Mitraïsme en Sonaanbidding afkomstig is. Die lering gaan verder om vir die “sondige mens” te vertel dat hy homslef nie kan red nie en sodanig ʼn “verlosser” nodig het.

Die Tanakh darenteen is baie duidelik:

“Maar indien die bose terugdraai van al sy sondes wat hy gedoen het, en al My wette onderhou en reg en geregtigheid doen, sal hy verseker lewe, hy sal nie sterf nie. “Al sy oortredinge wat hy gedoen het, sal nie teen hom onthou word nie. Deur sy geregtigheid wat hy gedoen het, sal hy lewe. “Het Ek enige vreugde in die dood van die bose?” sê Meester יהוה. Is dit nie dat Hy moet terugdraai van sy weë en lewe nie?

– J’ḥezkěl 18:21-23

“En Ek het hulle My wette gegee en My oordele aan hulle bekend gemaak, sodat die mens dit doen en daarin kan lewe.”

– J’ḥezkěl 20:11

Hierdie is JHWH wat deur die profeet J’ḥezkěl vir Jisra’ěl waarsku want Moshe het vir hulle reeds dieselfde gesê:

“En nou, luister Jisra’ěl, na die wette en die regsreëlings wat ek julle leer om te doen, sodat julle mag lewe en inkom en die land wat יהוה, die Elohim van julle vaders, aan julle sal gee, in besit mag neem. “Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie, sodat julle die bevele van יהוה julle Elohim mag bewaar, wat ek julle beveel.”

- Deḇarim 4:1-2

Die gedagte dat ʼn “verlosser” nodig is om die mens van sonde te verlos ʼn ʼn vreemde gedagte wanneer dit by die Torah. Dit is egter ʼn baie ou gedagte wanneer dit by die heidense aanbidding kom. Dit was reeds alledaags en die norm in ou Mitsrajim (Egipte) waar Osiris as die verlosser gesien en erken was. Ja, hy was selfs ook ʼn mens-god (mens-eloah). Dit klink sekerlik ʼn bietjie bekend...?

Hoe moet hierdie saak beskryf word? Wat is “godsdiens” (religion) en geloof en sonde en al hierdie dinge nou eintlik? Hoe kan dit verduidelik word?

Wel, eerstens, is dit deel van ʼn volk of ʼn groep se kultuur. Mense leef saam, woon saam, eet saam, speel saam en is hartseer saam en in ʼn mens se diepste wese is daar oor die algemeen ʼn behoefte om ʼn hoër doel te soek. In vandag se lewe is dit presies dieselfde, selfs tussen ateïste is daar ʼn strewe om die doel van die lewe te soek.

Die werklike saak is dat daar vandag in Ortodokse J’hudim, Hermormde J’hudim, Roomse Christene, Protestantse Christene , Evangeliese Christene, Messiaanse Christene (gesalfde gesalfdes..?), Moslems, Hindus en meeste ander groepe sterk groepsgevoelens is. Dis deel van die kultuur. Jou kinders gaan skool toe en leer saam met ander kinders van dieselfde taal, godsiens en kultuur. Hulle kuier saam, speel saam. Godsdiens is deel van kultuur vandag en was vir baie jare.

Die meeste mense is groepsgebonde so almal aanvaar maar net die “godsdiens” van die groep!

Die vraag is wat nou, wanner die die duidelike besef deurdring dat die Christelike geloof ʼn leuen is om mense was te vang en gebonde te hou – presies die teenoorgestelde as wat dit beloof?

Presies wat is die probleem? Kan dit nie net eenkant toe geskuif word nie? Is dit nie beter om maar net aan te gaan soos dit is en te aanvaar hoe die Christelike samelewing almal beheer nie?

Nee! Dis nie moontlik nie want indien ons aan ons Skepper gehoorsaam wil wees moet ons standpunt inneem en Hy het duidelik dit gestel dat ons mag géén ander elohim (gode) hê nie. Absoluut niks! Hy is een en Hy deel Sy lof en aansien met geen ander nie.

Hy is die Verlosser! Doen Hy dit deur ʼn menseoffer? Deur ʼn diereoffer? Nee, Hy vergewe wanneer daar opregte berou is vir dit wat verkeerd gedoen is. Hy straf, maar Hy vergewe nadat die berou getoon is.

Bloed as offerande word in die Torah gebruik om reiniging te bring en is nie noodsaaklik vir vergifnis nie. Tweedens, is dit duidelik in die Torah dat slegs onopsetlike sondes deur ʼn offerande vergewe kan word. Daar is géén offerande vir ʼn opsetlike sonde of oortreding nie, maar daar is wel vergifnis.

Koning Dawid is ʼn goeie voorbeeld. Daar is spesifiek 3 geleenthede opgeteken waar hy willens en wetens opgetree het teen die opdragte van JHWH:

• Owerspel - 2 Sh’mu’ěl 11:4; 12:9
• Moord - 2 Sh’mu’ěl 11:15;17; 25; 12:9
• Volkstelling - 2 Sh’mu’ěl 24:2; 10

Nadat die profeet Natan aan Dawid sy oortredinge uitgewys het, het Dawid bitter berou gehad en sy sonde erken en dadelik het Natan vir hom vertel dat JHWH ook sy sonde vergewe het, maar die straf het steeds gekom:

• Die swaard sou oor Dawid se huis kom - 2 Sh’mu’ěl 12:10-12
• Dawid en Bátsheḇa se eerste kind sou sterf - 2 Sh’mu’ěl 12:14

Ten spyte van die straf is Dawid vergewe en het hy geweet bly hy steeds in die guns van JHWH! Hy het nie nodig gehad om ʼn lam of ʼn bees te gaan slag en offer nie! Dieselfde geld met die volkstelling. Wanneer Dawid daaroor aangespreek en tereg gewys word, erken hy dadelik sy oortreding. Hy kies sy eie straf – om in die hand van JHWH se val eerder as mense. JHWH se guns en barmhartigheid is so groot dat Hy Sy hand terugtrek voordat Hy alles vernietig.

Dit is nodig dat elkeen sal besef JHWH vra gehoorsaamheid. Dit is baie moeilik vir ons met ons eie sterke wil om daaraan onsself te onderwerp, maar dit is die opdrag. Ky wat het Sh’mu’ěl vir Sha’ul gesê:

En Sh’mu’ěl het gesê: “Het יהוה vreugde in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van יהוה? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffers, om te luister as die vet van ramme. “Want rebellie is ʼn sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is boosheid en idolatrie. Omdat jy die woord van יהוה verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.”

– 1 Sh’mu’ěl 15:22-23

Sha’ul het oor verskoning gevra. Dit was óf net te veel kere óf sy berou was nie opreg nie óf dalk albei. Feit bly staan, hy kon nie vinnig nóg ʼn bul of ram gaan slag vir vergifnis nie. JHWH vra gehoorsaamheid. Wat gaan jy doen...?