Masada

Ware Verbond

Masada

True Covenant

Boeke, Tsitsjot, ens.

Om die instandhouding van hierdie webblad te befonds en ook om goeie addisionele inligting beskikbaar te stel, verskaf ons verskeie boeke en ander produkte. Tans kan ons alleen gebruik maak van direkte (elektroniese) oordragte of direkte inbetalings. Daar is geen fasiliteite vir kredietkaarte nie.

Aangesien verskeie boeke ingevoer word kan die pryse te eniger tyd verander. Bevestig asseblief voordat bestellings geplaas word indien daar enige onsekerheid is.


Restoring Abrahamic Faith - James D Tabor

Restoring Abrahamic Faith
Hierdie boek is in vele opsigte ʼn persoonlike oortuiging van James Tabor gebaseer op op sy Skrifstudie oor die afgelope 40 jaar. Alhoewel hierdie werk op akademiese en historiese werke gebaseer is, is dit steeds ʼn Skrifgevestigde uitleg van die antieke Hebreeuse geloof, soos in die Tora, Profete en Geskrifte van die Tanakh (Hebreeuse "Bybel") uiteengesit. Die doel is om Christene, Jode, Moslems en sekulêre mense uit te daag aangaande die vraag van die Skriftuurlike Geloof deur ʼn uitdagende aanbieding daar te stel. Aspekte wat aangerak word sluit in: Wie is "God"? Wat is die Afgesonderde Skrifte? Hoe ken ons die wil van "God"? Hoe moet ek leef? Wat beteken Verlossing? Wat van die sogenaamde "Verlore Stamme"? Is daar huidige terugkeer van Jode na Israel van enige waarde? Wat van die komende Messias? Wie was "Jesus" en wat was sy boodskap?


R 295 (bereken) + Posgeld & Verpakking (R 25)